All content for AGTERBLAD is the property of Hendre Cubitt; Willem Rautenbach; Francois van Zyl; Alten du Plessis; Charl Eksteen and is served directly from their servers
with no modification, redirects, or rehosting. The podcast is not affiliated with or endorsed by Podjoint in any way.
Die Kuber-Kletskanaal waar elke Drie, Doel, Grenshou en Gru-ongeluk bespreek word. Die nommer 1 potgooi vir sport in Afrikaans.
Episode 14 - Lewis mik vir 8, maar dit is Max (en Masi) wat laaste lag!
AGTERBLAD
1 hour 1 minute
3 years ago
Episode 14 - Lewis mik vir 8, maar dit is Max (en Masi) wat laaste lag!
In 'n manier, was dit die gepaste einde aan F1 se beste seisoen nóg: aksie tot en met die laaste draai van die laaste rondte, alles onder die wolk van drama veroorsaak deur FIA-besluitneming.
Die span kom bymekaar kort na die einde van dié fantastiese finale om hulle gedagtes te deel oor Max Verstappen wat die maksimum geneem het van die wedren en die kampioenskap, nadat hy met sy eerste drywerskampioenskap gekroon is Sondagaand in Abu-Dhabi.
Daar is groot debat oor wedrenbestuurder Michael Masi wat vir die tweede agtereenvolgende rondte 'n bepalende rol gespeel het in die wenner van die wedren, na sy flik-flak oor hoe die veiligheidsmotor en sloervervoer bestuur sou word.
Dit het gelei na een van die mees ikoniese oomblikke in F1-geskiedenis, met Max Verstappen wat Lewis Hamilton vir een laaste keer verby gesteek het en saam met dit met die kampioenskap weg gejaag het. Ons span reflekteer (en in sommige gevalle treur) oor dié oomblik en die seisoen wat was, en of dit dien as die verdiende einde aan 'n onvergeetlike kampioenskapstryd.
Dit en nog vele meer gedagtes, menings en debat op die week se episode van Agterblad!
AGTERBLAD
Die Kuber-Kletskanaal waar elke Drie, Doel, Grenshou en Gru-ongeluk bespreek word. Die nommer 1 potgooi vir sport in Afrikaans.