All content for AGTERBLAD is the property of Hendre Cubitt; Willem Rautenbach; Francois van Zyl; Alten du Plessis; Charl Eksteen and is served directly from their servers
with no modification, redirects, or rehosting. The podcast is not affiliated with or endorsed by Podjoint in any way.
Die Kuber-Kletskanaal waar elke Drie, Doel, Grenshou en Gru-ongeluk bespreek word. Die nommer 1 potgooi vir sport in Afrikaans.
Episode 13 - Rugby Rumoer en F1 FIAsco - Max of Lewis skuldig in Saoedi-Arabië?
AGTERBLAD
54 minutes
3 years ago
Episode 13 - Rugby Rumoer en F1 FIAsco - Max of Lewis skuldig in Saoedi-Arabië?
Die Agterblad-span kom weer byeen na 'n sportnaweek gevul met kontroversie en debat.
Die heel eerste Saoedi-Arabië Grand Prix is gedomineer deur insidente tussen die twee Kampioenskap protagoniste, met groot vrae gelaat oor die FIA se besluitneming en hul wedren-bestuurder Michael wat die Masi kon opkom nie. Die span gee hul analise oor al dié insidente en waarmee dit ons laat in na volgende naweek se finale.
Verder, word daar saamgepraat oor die Haaie se triomf oor die Bulle, die Stormers se slakkepas rugby wat gestraf is deur die Leeus en waar dit afrigter John Dobson laat. Die waarde agter Jake White se waarskuwing oor die toekoms van plaaslike rugby word ook opgeweeg, en of die nuwe internasionale geskikdheidsreëls aangekondig deur Wêreldrugby moeilikheid inhou vir die Springbokke se talentpoel.
Op die Telbord word vroeë voorspellings gegee vir die naweek se F1 deur ons nuwe kykers en 'n voorsmakie vir die Ashes gebied in Australië
Dit en nog vele meer op die week se episode van Agterblad!
AGTERBLAD
Die Kuber-Kletskanaal waar elke Drie, Doel, Grenshou en Gru-ongeluk bespreek word. Die nommer 1 potgooi vir sport in Afrikaans.