Home
Categories
EXPLORE
True Crime
Comedy
Society & Culture
Business
Sports
History
Fiction
About Us
Contact Us
Copyright
© 2024 PodJoint
00:00 / 00:00
Sign in

or

Don't have an account?
Sign up
Forgot password
https://is1-ssl.mzstatic.com/image/thumb/Podcasts115/v4/25/2a/2c/252a2cd6-5cce-02af-9a83-e0a6a7601784/mza_881697458459090277.jpg/600x600bb.jpg
AGTERBLAD
Hendre Cubitt; Willem Rautenbach; Francois van Zyl; Alten du Plessis; Charl Eksteen
29 episodes
8 months ago
Die Kuber-Kletskanaal waar elke Drie, Doel, Grenshou en Gru-ongeluk bespreek word. Die nommer 1 potgooi vir sport in Afrikaans.
Show more...
Soccer
News,
Sports News,
Sports,
Rugby,
Golf,
Cricket
RSS
All content for AGTERBLAD is the property of Hendre Cubitt; Willem Rautenbach; Francois van Zyl; Alten du Plessis; Charl Eksteen and is served directly from their servers with no modification, redirects, or rehosting. The podcast is not affiliated with or endorsed by Podjoint in any way.
Die Kuber-Kletskanaal waar elke Drie, Doel, Grenshou en Gru-ongeluk bespreek word. Die nommer 1 potgooi vir sport in Afrikaans.
Show more...
Soccer
News,
Sports News,
Sports,
Rugby,
Golf,
Cricket
https://media.redcircle.com/images/2021/11/15/7/55582f46-6418-4e33-bad9-a039f9266d87_agterblad_episode_10_.jpg
Episode 10 - Bokke slag Skotte, Kiwis gekelder en Lewis laat wiel!
AGTERBLAD
1 hour 7 minutes
4 years ago
Episode 10 - Bokke slag Skotte, Kiwis gekelder en Lewis laat wiel!
Na ‘n holderstebolder week van opskuddings en onverwagse wendings, waar die enigste voorspelbare die onvoorspelbare (en ‘n Bok-wen) was, is die manne hier om jou op hoogte van die nuutste kwessies in sport te bring. In Van die Blad Af (2:00-5:10) word internasionale rugby resultate, F1-drama, Premierliga breierskuiwe en nuus rondom Bafana se (nou gewese) kwalifiseringspoging gedeel. In die Losskrum word die betroubare Bokke se voorspelbare wenresep weer bespreek (5:11-23:22). Sterspelers word ook in die kollig gesit, met spesiale eer vir ‘n sekere sosiale media-spesialis. Die wedstryd van die naweek – Ierland se begeesterde triomf oor die All Blacks – word ook kortliks gedek (23:25-30:52). Anderkant die Tasman-seestraat word daar Doer Onder fees gevier na Australië hul eerste T20-Wêreldbeker teen die Swartpette beklink het. Die manne betreur hierdie wending en loer vinnig na die volgende T20-Wêreldbeker wat volgende jaar in Australië plaasvind (30:53-39:26). In ‘n resies so asembenemend soos die res van die sportweek het Lewis Hamilton vir nog ‘n #blessed Sondag vir sy aanhangers gesorg. Sy merkwaardige vertoning, opmerklike resiesinsidente en die laaste paar resies in die F1-seisoen word bespreek (39:27-55:02). Op die Telbord word daar geklets oor krieket se Kiwikoning Kane, die Bokke se kans teen die Rose en waar Brasilië 2021 in Hamilton se nalatenskap inpas (55:03-1:01:55). Agterblad se Hoek van Helde word geseën met die teenwoordigheid van vurige Iere (1:01:58-1:04:20). In Beseringstyd tuur ons na die komende week en lig die opwindendste geleenthede uit (1:04:21-1:07:31). Volg ons op sosiale media en kom sê jou sê op die Agterblad!
AGTERBLAD
Die Kuber-Kletskanaal waar elke Drie, Doel, Grenshou en Gru-ongeluk bespreek word. Die nommer 1 potgooi vir sport in Afrikaans.