All content for AGTERBLAD is the property of Hendre Cubitt; Willem Rautenbach; Francois van Zyl; Alten du Plessis; Charl Eksteen and is served directly from their servers
with no modification, redirects, or rehosting. The podcast is not affiliated with or endorsed by Podjoint in any way.
Die Kuber-Kletskanaal waar elke Drie, Doel, Grenshou en Gru-ongeluk bespreek word. Die nommer 1 potgooi vir sport in Afrikaans.
AGTERBLAD EXTRA EXTRA! - F1 Finale voorskou: Wie kraai koning in kampioenskap bepaler?
AGTERBLAD
1 hour 2 minutes
3 years ago
AGTERBLAD EXTRA EXTRA! - F1 Finale voorskou: Wie kraai koning in kampioenskap bepaler?
Na 21-onvergeetlike rondtes, staan die F1-seisoen se einde net waar dit begin het: met die twee kampioenskap protagoniste gelyk op punte.
In hierdie spesiale episode van Agterblad Extra Extra! kom die span bymekaar om eers te reflekteer op die historiese seisoen wat plaasgevind het en terug te blink op die sleutel-oomblikke wat bepaal het dat die finale van die seisoen perfek opgestel is (0:00-34:15).
Daarna, begin die span hulle gedagtes te gee op die naweek wat voorlê: wie sal die nuwe uitleg van die Abu-dhabi baan meer bevoordeel? Watse rol het Max en Lewis' se spanmaats te speel in wie wegstap met die trofee? Kyk ons regtig na 'n herhaling van Suzuka 1990? (34:16 - 57:32).
Dan word die belangrikste vraag beantwoord aan die einde: wie glo ons stap weg van die 22ste-rondte van die seisoen met die drywerskampioenskap in hand? (57:33 - 1:02:12).
'n Aksie belaaide episode van Agterblad vir 'n onvergeetlike seisoen van F1; nou beskikbaar!
AGTERBLAD
Die Kuber-Kletskanaal waar elke Drie, Doel, Grenshou en Gru-ongeluk bespreek word. Die nommer 1 potgooi vir sport in Afrikaans.